Hoe gaan Afghane gehelp word?

Die Verenigde Nasies se lidlande, sowel as wêreldleiers soek metodes hoe om die inwoners van Afghanistan te help wat tans in uiterste ellende woon.

Die hulp is glo beskikbaar, maar om die hulp doeltreffend aan te bied sonder die ondersteuning van die land se nuwe regering, is iets wat nie maklik bereikbaar is nie.

 Daar heers tans ʼn debat onder wêreldleiers oor watter metodes toegepas kan word aangesien die Taliban se lojaliteit teenoor die burgery sterk bevraagteken word.

Die debat het begin nadat die VN gewaarsku het dat meer as 18 miljoen Afghane honger en siekte toestande in die gesig staar as humanitêre hulp nie betyds gebied kan word nie.

 Die Verenigde nasies gaan intussen Voort met die lewering van noodsaaklike lewensmiddele deur middel van die Humanitêre Lugbrug Diens in ʼn poging om die 160 organisasies se hulp oor te dra aan inwoners van die land.

 Intussen het die regering van die Arabiese Emirate ook ʼn besending noodvoorraad afgelewer en die VN het bydraes gelewer deur die Wêreld Voedsel Program, ʼn afdeling van die Verenigde Nasies.

Later is verneem dat die Kaboel Internasionale lughawe weer oopgestel is, en dat verskeie rederye besig is om te bepaal of vlugte daarheen veilig sal wees.