Hewige aardbewing tref Meksiko

Die Verenigde State sê ʼn aardbewing wat 7.1 op die Richterskaal geregistreer het, is gister aangeteken in Meksiko.

Die sentrale punt van die skudding was naby Acapulco en ʼn tsunami waarskuwing is uitgereik. Die skuddings is tot in Meksiko stad waargeneem.

Groot geboue in Meksiko stad is beskadig en duisende mense het uit geboue gevlug en in die strate saamgedrom uit vrees vir die herhaling van na-skokke en opvolg skuddings.

Meksiko stad is sowat 350 km weg van die sentrale punt van die skudding en groot gebiede het die geweldige skudding gehad en baie infrastruktuur is oral beskadig.

 Acapulco, waar die skudding die ergste was, is ʼn gewilde toeriste gebied, en die skade aan geboue en ander strukture is nog nie bekend nie.

Groot dele van Meksiko stad is sonder elektrisiteit en dele van die stad se water toevoer is ook afgesny. Reddingswerkers is besig om opnames te maa ken mense wat moontlik vasgekeer is, te bevry.