Herstelwerk begin by Stonehenge monument

In die afgelope paar jaar as al meer krake in die reuse klippe van die Stonehenge monument gevind en die owerheid het op restourasie van die wonder natuurverskynsel besluit.

Deskundiges het omvattende laser skanderings gedoen wat wys dat van die massiewe rotsblokke wat na raming sowat 4,500 jaar in hulle huidige posisie staan, betyds herstel moet word.

Die prehistoriese klipwerk wat as monument in Engeland verklaar is, het reeds miljoene mense gelok weens die besondere aard daarvan.

Nou word reuse raamwerke opgerig om die geweldige groot rotse na te gaan en uiteindelik te kan herstel waar krake en barste is.

Vir die eerste keer in 60 jaar word herstelwerk gedoen aan die wêreld se mees beroemde prehistoriese monument waaraan daar ook in die jare 1950 tot 1960 gewerk is.

Omdat die werk so gedoen moet word dat dit nie opvallend  is nie, sal dit ʼn geruime tyd duur om alle krake eb barste goed te herstel.