Grondwethof kelder Zuma weer

Die Konstitusionele Hof het die afgelope Vrydag sy besluit gehandhaaf om Jacob Zuma vir 15 maande agter tralies te hou.

Die meerderheid van die regbank het ten gunste van die vorige besluit gestem, het regter Sisi Khampepe aan die media gesê.

Die regter het gesê die meerderheid op die regbank het bevestig dat Zuma se aansoek nie die statutêre vereistes ontmoet vir heroorweging nie, en is die saak met koste van die hand gewys.

Twee regters, Leona Theron en Chris Jafta is van oordeel dat sy tronkstraf ongrondwetlik is aangesien die straf opgelê is sonder ʼn verhoor of ʼn reg tot appèl.

Die twee regters redeneer dat die 29 Junie bevel was nie in ooreenstemming met die Konstitusie van die land nie, en ook nie in lyn met die internasionale wet mie.