Groen energie sal werkgeleenthede skep

Die Hoof Uitvoerende beampte van Eskom, Andre de Ruyter, het tydens ʼn radio onderhoud gesê die vestiging van groen energie om steenkool te vervang, kan duisende werksgeleenthede skep.

De Ruyrer het voorheen aan die parlementêre komitee verslag gedoen en ʼn voorlegging gemaak van hoe Eskom se finansiële stand kan verbeter deur oor te skakel na groen energie.

Daarna het die Minister van Energiesake gesê Suid-Afrika bly by sy steenkool kragstasies, maar kenners reken die regering sal met tyd gedwing word om oor te skakel na groen energie soos sonkrag, windkrag en kernkrag.

Die noodsaaklikheid van die weg beweeg van koolstof wat ernstige besoedeling veroorsaak in ʼn tyd waar die wêreld se stryd begin het om klimaat verandering teen te werk, is dit onvanpas om nog te wil kleef aan steenkool, het wetenskaplikes vroeër gesê.

De Ruyter sê die oorskakeling na groen energie, wat geleidelik gedoen sal word weens finansiële redes, kan soveel as 300,000 nuwe werkgeleenthede bring, iets wat dringend noodsaaklik geword het vir die land, en wat ook klimaat verandering sal teenstaan.

Intussen is berig dat ʼn tweede kernkragsentrale opgerig gaan word, wat egter etlike jare sal duur voor dit in produksie gaan, maar sal soortgelyk wees aan wat die huidige Koeberg sentrale is.