Grendel tyd voordelog virtroeteldiere

Duitsers het gedurende die afgelope jaar en ses maande van koronavirus inperkings, hulle liefde vir diere getoon deur groot bedrae geld te spandeer aan die aankoop en versorging van hulle honde.

Die telers en verkopers van honde het verlede jaar rekord omset en winste behaal, en het die “bedryf” $5.3 miljard uit die liefhebbers se sakke gehaal.

Die beste kos word gekoop, die aankoop van speelgoed vir die huisdier, en ʼn goeie slaapplek is van die belangrikste goed wat nodig was.

Die aanlyn verkope het sowat $1 miljoen beloop, maar daar is ook ander huisdiere wat aangehou word, soos wilde voëls, katte en hulle kosse het gesorg dat die totale omset van die industrie byna $6 miljard beloop het.

Die groot bedrae wat betaal is vir die aankoop van ʼn huisdier, en alles wat daarmee saamgaan het rekord hoogtes bereik, en waarnemers sê die grendel tyd wat mense ingeperk het, is die belangrikste rede waarom die diere goed versorg moet word.