Grendel maatreëls binnekort Vlak 1

Suid-Afrika kan verwag om binnekort verdere verligting te kry met die maatreëls teen inperking weens die koronavirus pandemie.

Die Nasionale Instituut van Oordraagbare Siektes sê in ʼn verklaring dat infeksie gevalle skerp afgeneem het en dit die moontlikheid verhoog dat die regering die Grendel inperkings verlig na Vlak 1.

Die Instituut sê dat die nasionale sewe-dag se gemiddelde van daaglikse infeksies gevalle nou so laag is dat dit die 5% koers bereik het, wat beteken die pandemie is onder beheer.

Die land het onlangs van Vlak 3 na Vlak 2 beweeg, en die afgelope week se verslae toon verdere daling in infeksies en die sterftes het ook verminder.

Senior navorsers beweer dat SA nou ʼn infeksie het van 4% wat dramaties minder is as wat voorheen gerapporteer is, en nuwe gevalle het met meer as 40% per week gedaal, terwyl hospitalisasie met meer as 30% verminder het.

Ingeligte bronne het egter daarop gewys dat die moontlikheid van ʼn vierde pandemie nie uitgesluit is nie, en daarom moet mense steeds die gewone voorsorg van maskers, sosiale afstand, hande was getrou nakom.