Google sluit Afghan regering e-pos stelsel

Uit Washington word berig dat die internet reus Google besluit het om die e-pos fasiliteite van enige regerings struktuur van Afghanistan te sluit.

Die besluit is welk van tydelike aard op die nuwe regering van Afghanistan van toepassing, en sal glo ʼn ongespesifiseerde getal e-pos rekeninge raak.

Kommer bestaan oor hoe die Taliban se regering wat eersdaags saamgestel gaan word, sal funksioneer ten opsigte van die burgerlike  bevolking in die land.

Die swak ekonomiese stand laat ook vrae oor hoe die regering daarin gaan slaag om die mense wat tans nog op sy betaalstaat is, gaan vergoed en of die Taliban betalings gaan weier aan werkers wat pro-demokraties is, sowel as die vroulike werkers wat steeds in diens is.

Die Google woordvoerder sê die hele situasie in Afghanistan word noukeurig gemonitor, en rekeninge vir e-pos fasiliteite sal eers heropen word sodra daar bevredigende bewys kan word dat alles teruggekeer het na aanvaarbare praktyke.