Giyani water projek kort miljoene Rand

Inwoners in die noorde van Transvaal (Limpopo) wat sedert 2014 belowe is dat skoon water wat na hulle wonings aangelê word, het destyds die aankondiging verwelkom.

Byna 8 jaar later wag die mense nog steeds dat die projek, wat deur Jacob Zuma aan die mense belowe is, dat die water krisis opgelos gaan word.

Die vreugde wat tydens die aankondiging deur Zuma gemaak is, het vervaag, want die belofte is steeds nie sigbaar uitgevoer nie.

Die projek, bekend as die Giyani Water projek, het goed begin, en toe raak dit stil…. want die geld is gedaan en meer geld is nodig, maar dit word eers ʼn jaar of drie later ontdek.

Die sowat 50 klein gehuggies wat wag vir die water, moet egter steeds iewers elders water gaan skep, en volgens Water en Sanitasie Departement se minister, Senzo Mchunu, wat die gebied besoek het, sê die regering het reeds R3.3 miljard spandeer op die onvoltooide projek.

Onbevestigde berigte lui dat nog sowat R2 miljard nodig sal wees om die projek klaar te maak, en dit wil voorkom asof die geld bewillig gaan word.

Die aanvanklike koste om die projek te begin en klaar te maak, sou R500 nmiljoen beloop het.