Geen sterftes van geimmuniseerdes

Die jongste data wat vrygestel is deur die SA Gesondheid Produkte Reguleerder en die Departement van Gesondheid, toon dat geen persoon wat teen die koronavirus ingeënt is met die volle dosis het weens infeksie te sterwe gekom nie.

Die data toon ook dat alhoewel geënte persone negatiewe newe effekte gehad het wat vir een tot drie dae geduur het, is geen ongevalle aangemeld wat Covid-verwant is nie.

Volgens die vrygestelde besonderhede is ʼn totaal van byna 15 miljoen inentings gedoen in Suid-Afrika, en die owerheid mik na 40 miljoen teen die einde van 2021.

Slegs sowat 3.2 miljoen mense het die Johnson en Johnson entstof ontvang wat slegs een dosis is, en 4 miljoen het reeds die dubbel dosis van Pfizer entstof ontvang. Tot 13 September het 27% van die volwassenes in die land entstof ontvang, maar nie almal het reeds hulle opvolg tweede dosis gehad nie.

Persone wat ingeënt is, kan nog steeds die virus infeksie opdoen van enige van die variante, maar solank as wat die persoon geïmmuniseer is, sal die infeksie nie so ernstige afmetings aanneem dat hospitalisasie nodig is nie.

Ingeligte deskundiges waarsku egter dat mense wat ten volle ingeënt is, nog steeds baie versigtig moet wees aangesien die entstof klaarblyklik net vir ses of agt maande effektief is.