Gas pyplyn na Duitsland voltooi

Ingenieurs het die laaste van die Nord Stream 2 gas pyplyn tussen Rusland en Duitsland vasgesweis en daarmee die aanleg voltooi waarteen Westerse lande gewaarsku het.

Die aanleg wat langer as vier jaar geneem het om op te rig, sal waarskynlik in Oktober die eerste gas aan Duitsland lewer.

Die Nord Stream 2 pyplyn strek oor ʼn lang afstand en die Oekraine het kommer uitgespreek omdat die pyplyn nie oor die land se grondgebied is nie.

Die pyplyn se oprigting het menige Westerse lande laat waarsku dat Rusland ʼn ekonomiese hefboom vestig deur Duitsland afhanklik te maak van Russiese gas voorsiening.

Die pyplyn word nou geleidelik gesak in die Baltiese See waarna dit opgekoppel word aan die hele stelsel.

Die nuwe pyplyn, wat ten bedrae van $12 miljard gebou is, se kapasiteit om gas te lewer word verdubbel wat aan Duitsland gelewer word.