Franse troepe dood Islamitiese leier

Franse troepe het die Wes-Afrika leier van die terroriste groep, Islamitiese Staat, gedood volgens die aankondiging van die Franse president, Emmanuel Macron.

Die Islamitiese Staat is in minstens sewe Afrika state besig om ontwrigting en moorde te pleeg, en konsentreer op lande waarvan die weermag nie doeltreffend en sterk is nie.

President Macron sê in sy aankondiging dat die Franse troepe Adnan Abu Walid al-Sahrawi wat leier is in die Wes-Afrika deel van die kontinent, gedood het en daarmee n belangrike sukses bereik in die stryd teen terrorisme.

Die Niger en Mali is waarskynlik die lande wat die grootste aanslag van die terroriste moet verduur, en Franse troepe het reeds verskeie kere doeltreffend teen die terreurgroep opgetree.

Die terroriste het ook in 2017 talle soldate van Amerika gedood, wat Westerse lande gedwing het om sterker op te tree teen die Islamitiese Staat.