Franse fabriek steun terroriste

Die Franse sement maatskappy Lafarge Sement wat ook in Sirië met vervaardiging besig is, word daarvan beskuldig dat hy groot bedrae geld aan terroriste organisasies soos die Islamitiese Staat betaal, om nie gesaboteer te word nie.

Die sement maatskappy het gedurende die geweldige oorlog in Sirië ongestoord voortgegaan sonder hindernisse, wat die eerste vermoedens gewek het dat die vervaardiger besig is met ʼn omkopery.

Die vermoede bestaan dat die maatskappy vervolg gaan word met klagtes dat hulle terroriste met miljoene euro bevoordeel het terwyl dit internasionaal beskou word as ʼn direkte aanslag van oorlog misdaad.

 Die Franse Hooggeregshof het die beslissing van ʼn laer hof omvergewerp en bevind dat die maatskappy skuldig is aan misdaad teen die mensdom.

Intensiewe ondersoeke word nou deur die Franse polisie gedoen, wat glo dat die maatskappy met miljoene euro beboet kan word.