Frankryk en Australië bots oor wapentuig

Die wapen transaksie tussen Australië as koper van Franse wapentuig, wat ondermeer ʼn Shortfin Baracuda duikboot is, se bestelling is in 2016 geplaas maar is nou in dispuut.

 Frankryk beskuldig Australië en die Verenigde State van Amerika daarvan dat hulle verraad gepleeg het deur die $38.6 miljard se duikboot transaksie later oorgeplaas het na Amerika.

Die bestelling wat aanvanklik aan Frankryk gegee sou word, is aan die VSA toegeken deur Australië nadat Joe Biden, president van die VSA, aangekondig het dat die nuwe verdediging pakket Australië toegang sou gee tot ʼn kernkrag vloot.

Die Franse Minister van Buitelandse Sake, Jean-Yves Le Drian, het gesê die optrede en besluit is “onbegryplik” en word beskou as ʼn dolk in die rug van Frankryk wat die verhouding en onderlinge vertroue omgesit het in verraad.

“Ons is baie kwaad oor die gebeure, want dit is nie hoe bondgenote met mekaar omgaan nie”, het die minister gesê.