Frankryk breek bande met verraaiers

Die Franse regering van President Emmanuel Macron het diplomatieke bande met die verenigde State van Amerika en Australië verbreek.

Frankryk het die ongewone stap geneem nadat Australië sy bestelling vir duikbote by die Franse gekanselleer het toe Amerika met ʼn ander aanbod gekom en die bestelling opgeraap het.

Frankryk het sy gebelgdheid getoon toe hy die twee lande as verraaiers genoem het omdat hulle buite die “internasionale protokol” opgetree het met die bestelling.

President Joe Biden het Australië oortuig om eerder gebruik te maak van die toegang tot kernkrag duikbote met ultra moderne toerusting om daarmee ook as derde land saam met die VSA en Engeland die beveiliging van die Stille oseaan wil verseker in hulle nuwe alliansie.

Die Franse regering het sy diplomate en ambassadeurs uit Amerika en Australië teruggeroep en daarmee sy diplomatieke bande met die twee lande opgeskort.

Die optrede van Frankryk volg nadat Australië sy bestelling ter waarde van sowat $40 miljard gekanselleer het vir die lewering van diesel-elektries aangedrewe duikbote. Die bestelling is daarna by die VSA geplaas vir kernkrag aangedrewe bote.