Europa: Polisie slaan toe op dwelm ‘pyplyn’

ʼn Onbekende Internasionale wetstoepassing agentskap se operasie met die betrokkenheid in minstens agt Europese lande, het gelei tot die arrestasie van 23 misdadigers.

Die groep wat gevange geneem is, is skynbaar almal betrokke by die smokkel van 2,6 ton kokaïne. Die polisie wat uit die agte lande in Europa afkomstig is, het saamgewerk en het beslag gelê op die massiewe vrag dwelms wat miljoene Rand se straat waarde beloop.

Die misdaad organisasie wat in die Balkan gebied aktief was met hulle smokkel handel, was besig om die grootse massa kokaïne te versprei wat nog in Europa gevind is.

In sy verklaring sê die Europol dat die kartel ʼn “kokaïne pyplyn” gevestig het van Suid-Amerika tot by Spanje, en daarna na ander Europese lande, en het Europa “oorspoel met kokaïne”.

Volgens die polisie is daar 61 lede in die kartel, waarvan 23 nou gearresteer is, en die ander sal glo met tyd ook aangekeer word.