EU lê swaar boete op teen Pole

Die Europese Unie se Hof vir Geregtigheid het Pole beveel om daagliks die boete van €500,000 te betaal solank as wat die Turow steenkoolmyn in bedryf bly.

Die Tsjeggiese Republiek het die saak na die EU hof geneem om Pole te dwing nadat onderhandelings misluk het.

Die boete teen Pole kan lei tot ernstige internasionale spanning in die streek, veral as Pole sou weier om die boete te betaal en sou weier om die steenkoolmyn te sluit.

Die steenkoolmyn wat naby die grens met die Tsjeggiese Republiek is, veroorsaak glo besoedeling aan die buurland se kant, met steenkool as en rook wat ook lugbesoedeling vererger.

Die Tsjeggiese Republiek het aanvanklik gevra dat $5.9 miljoen per dag as boete gehef word met die hoop dat die myn baie vinnig sou sluit, en die hof het nie aan die eis voldoen nie, en tot hede het Pole ook nie gehoor gegee aan sluiting soos deur die hof beveel is nie, terwyl daar onsekerheid bestaan of Pole bereid sal wees om die boete te betaal.