Eskom waarsku krag verbruikers

Die Nasionale kragvoorsiener het ʼn ernstige waarskuwing uitgereik teen krag verbruikers om nie sy personeel te verbied om die perseel te betree om krag lesings te neem nie.

Eskom word ingevolge wetgewing beskerm dat hy enige perseel mag betree met die doel om ʼn meterlesing te neem, en enige verbruiker wat sodanige persoon weier, staar vervolging in die gesig.

Eskom gaan egter verder, en waarsku dat waar sy personeel verbied word om ʼn lesing te neem, die betrokke perseel se krag onmiddellik afgesny sal word.

Eskom sê hy het waargeneem dat daar ʼn styging is in die aantal kliënte wat die Eskom personeel toegang tot hulle perseel weier.

Sommige persone het in reaksie gesê Eskom moet sy personeel toerus met beter identiteit dokumente, aangesien mense met vervalste dokumente die perseel betree en in werklikheid misdadigers is.