Eskom: Soweto se nuwe plan

Die inwoners van Soweto druk glo om ʼn maandelikse tarief vir Eskom elektrisiteit te kry sonder dat meters gebruik word.

Die woordvoerder sê die inwoners sal R200 per maand vir krag betaal wat onbeperkte gebruik beteken, want hulle kan nie meer as dit bekostig nie.

ʼn Leier wat oor die aangeleentheid gepraat het, ene Michael Mosiuoa, reken baie inwoners van Soweto is pensioenarisse wat nie die hoë krag tariewe kan betaal nie.

Hy sê die inwoners maak ʼn aanbod van R200 per maand, ongeag hoeveel krag gebruik word. Die mense wil nie die fout maak om gladnie te betaal nie, het hy beweer.

Die vreemde aanbod kom kort nadat die ANC se president, Cyril Ramaphosa, die gebied besoek het en ʼn verkiesingsbelofte gemaak het dat die inwoners se “elektrisiteit krisis binnekort opgelos sal word”.