Eskom.. Ooo…. Eskom

Die Nasionale kragvoorsiener Eskom het aangekondig dat hy weereens ʼn geweldige verlies toon vir die jaar wat op 31 Maart vanjaar geeindig het.

Die rede vir die enorme verlies word toegeskryf aan die koronavirus pandemie se negatiewe impak in die finansiële toestand wat  glo die verkope met 6,7% laat daal het.

Die bruto skuldlas wat glo met byna 17% verminder het tot R400 miljard word ook gesien as bykomende rede vir die verlies van R18,9 miljard na belasting.

Eskom sê hy kon daarin slaag om bedryfskoste met R14.4 miljard verminder gedurende die boekjaar, maar dit was nie genoeg om die reuse verlies te voorkom nie.

Eskom beweer dat die entiteit net soos ander ondernemings in die land, nie vrygespring het van die negatiewe uitwerking wat die pandemie gehad het nie, en die vermindering in krag verkope van 6,7% was ook ʼn bydraende faktor tot negatiewe syfers vir die boekjaar.