Entstof: Wêreldleiers wil nou help

G20 in Rome

Terwyl Duitsland besin oor die wenslikheid om sy inwoners ook ʼn derde keer te ent teen die koronavirus, wil die G20 lande ook die beskikbaarheid van entstof aan arm lande, versnel.

Die ryker land het besin oor die mees effektiewe metodes wat toegepas moet word om entstof aan arm lande te versprei. Duitsland het belowe om 100 miljoen dosisse te skenk vir enting in arm lande van die wêreld.

Die G20 lande se ministers van Gesondheid Dienste het die week byeen gekom in ʼn poging om die arm lande te help, en die Minister van Gesondheid in Duitsland het gesê alhoewel Duitsland ë bydrae maak, word baie meer entstof benodig om die pandemie te bestry.

Na afloop van die vergadering in Rome, het die Italiaanse Minister van Gesondheid gesê die lande het ooreengekom om finansiële hulp aan die armer lande te stuur tesame met baie meer entstof.

Politieke waarnemers waarsku egter dat dit oor dekades bewys is dat baie lande beloftes maak oor finansiële hulp, maar daardie beloftes word nie nagekom nie.