Entstof: EU pleit vir hulp aan armes

Die Hoof Uitvoerende Beampte van die Europese Unie (EU), Ursula von der Leyen het ʼn pleidooi gelewer dat die hulp aan arm lande versnel moet word wat betref die koronavirus entstof.

Sy wys daarop dat daar oor die wêreld arm lande is wat dringende hulp met voorraad van entstof nodig het , en vra dat nog sowat 200 miljoen dosisse aan lae-inkomste lande geskenk moet word.

Sy sê dit is die EU se eerste en mees dringende prioriteit om met bekwame spoed entstof te voorsien aan die lande.

Volgens Ursula het die EU reeds 250 miljoen dosisse entstof beskikbaar gestel, en sê dit is die EU se missie om nog 200 miljoen dosisse aan die arm lande te skenk.

Sy het die rede gevoer voor parlementslede in Strasbourg, die oostelike stad in Frankryk, en sê waar 70% van inwoners in die EU lande reeds geïmmuniseer, behoort daar nou ook voorsiening gemaak te word aan armer lande.