Elon Musk se SpaceX maak geskiedenis

Die Suid-Afrikaans gebore ruimte tegnoloog en miljardêr Elon Musk is besig om die geskiedenisboeke te herskryf met sy SpaceX ruimtevaart projekte.

Die jongste van sy prestasies is die lansering van SpaceX met drie persone aan boord wat beslis nie welvarende mense is wat sulke luuksheid kan bekostig nie.

Dit sal die eerste reis wees wat gewone burgers onderneem in ʼn ruimtevaart wat SpaceX aanbied en wat die drie persone die geleentheid gee om die aarde vanuit daardie ontsaglike hoogtes te aanskou.

SpaceX se senior direkteur vir humanitêre ruimtereise, Benji Reed, het gesê alles lyk goed en die finale toetse vir die vlug vind plaas in die oggend van die komende Mandag, 20 September, maar alles hang daarvan af of die weer sal saamspeel om die lansering suksesvol uit te voer.