EKONOMIE: Ekonomiese herstel

Na wat berig word het die president, tydens die onlangse vrae-sessie in die parlement, ʼn beroep gedoen op die privaatsektor om by te dra tot die ekonomiese herstel van die land.

Ter konteks moet ons verstaan wat die probleem presies behels:

  1. Die regering het sedert Maart 2020 die ekonomie sodanig ontwrig, dat die land tans met rekord-werkloosheid gekonfronteer word.
  2. Miljarde se “ekonomiese hulp” is spandeer in die vorm van toelaes aan hoofsaaklik bestaans-besighede, BUITE die belasting-regime.
  3. Formele ondernemings kon slegs aansoek doen om belasting UITSTEL – geen verligting nie – of vir lenings, wat die regering sogenaamd sou waarborg.

(maar die voorwaardes het ingesluit dat die regering dan besighede se bates as sekuriteit hou)

Die regering se strategië fokus egter slegs op (swart) bestaans-besighede, asook op indiensneming van (swart) jeugdiges, sonder om twee grondliggende probleme aan te spreek:

  1. Bestaans-besighede skep nie werk nie; dit dra geensins by tot die staatskas nie, en regerings-ingrepe is in wese niks anders as subsidies nie.

ERGER:  Hierdie subsidies word ander besighede wat kan werk skep, ontsê.

En word befonds uit die belastinglas op daardie ondernemings.

  1. Die werkloosheid onder jongmense is die gevolg van disfunksionele skole.

Die probleem is minder die (tydelike) gebrek aan werkgeleenthede, as die feit dat hierdie groep grootliks funksioneel ongeletterd en onopleibaar is.

Volhoubare ekonomiese herstel is moontlik, maar die regering weier egter om van ras, maatskaplike sosialisme en sentrale ekonomiese beheer as “beginsels” af te sien.

Ondernemings binne ʼn vrye mark raamwerk sal, gegewe tyd en deregulering, wel die ekonomie kan heropbou, gegewe enkele noodsaaklike hervormings:

  1. Deregulering van die arbeidsmark, insluitend enige kwota’s, minimum lone of verpligte voordele, en kanale vir die bekostigbare vermindering van personeel.
  2. ʼn Billike raamwerk van belasting, wat álle ondernemings regverdig belas.
  3. Dringende herstel van nasionale infrastruktuur, deur privatisering en besnoeiing van buitensporige dienstegelde.
  4. Dringende begrotings-hervorming om alle staatsbesteding deursigtig te maak en te skoei op resultate, op ʼn NUL-tekort grondslag.

(personeel-getalle is onvolhoubaar en salarisse is 35-45% te hoog;

sosiale toelaes kan vervang word met openbare werk-vir-kos programme, uitgesonder bona fide ouderdoms- en ongeskiktheids toelaes.)

Die staat sal egter self moet instaan vir die indiensneming van jongmense wat ongekwalifiseerd is.  Met gepaste vaardigheids-planne kan hierdie persone opleibaar word, maar dan ook noodwendig teen ʼn minimum-loon.

Sekondêre strategië gaan mettertyd in werking gestel moet word, onder andere:

  1. Uitbreiding van die belastingbasis en vereenvoudiging van belasting, in lyn met die regering se aandrang op gelykheid.

GELYKHEID impliseer dat elke burger sal bydrae tot die staatskas, en deur die die begroting, na besnoeiing, gelyk te verdeel, sal belasting meer billik versprei word, deur die GEBRUIK VAN DIENSTE billik te reflekteer.

  1. Dienstegeld skuldlaste moet aangespreek word.

Daar is geen “reg” op basiese dienste nie, wel die reg om van die regering toegang tot openbare dienste te verwag.

Burgers betaal belasting vir noodsaaklike dienste – veiligheid, gesondheid – maar vir ander dienste moet betaal word deur élke gebruiker.

Weer eens, deur byvoorbeeld Eskom en Waterrade se korrupsie en oorbesteding in orde te bring, kan tariewe na raming soveel as 60-70% verlaag.

Bekostigbaarheid is slegs ʼn probleem binne die knyptang van verskaffer-korrupsie en verbruiker-wanbetaling.

  1. Alle openbare dienslewering moet ge-depolitiseer word.
  1. Die staat moet sonder aansien van persoon korrupsie nie net stopsit nie, maar moet terugwerkend gesteelde gelde verhaal deur verbeurdverklaring.

Belangrikste:

Die regering en ander politieke rolspelers moet ophou om van die ekonomie ʼn verkiesings-speelbal te maak.

Die ekonomie is verwoes oor bykans dertig jaar.

Blote stabiliteit kan meer as ʼn dekade se werk verg, MITS sinvolle beleidsrigtings ONMIDDELIK in werking gestel word.

Ekonomiese herstel van waar SA vandag is, is ongelukkig ʼn multi-generasie verantwoordelikheid.