E-Tol: Vakbonde ontevrede oor voete slepery

 Die leiers van verskeie vakbonde het hulle ontevredenheid uitgespreek oor die regering se traagheid om ʼn besluit te neem en dit bekend te maak rakende die e-tol fiasko van Gauteng.

Dit is egter Cosatu wat in Gauteng gedreig het met ontwrigting met stakings en protes optogte op verkiesingsdag as die Minister van Vervoer langer gaan aanhou om die toekoms van die e-tol stelsel te finaliseer.

Oor die afgelope jaar het die minister telkens ʼn nuwe rede gevind waarom die regering g nog nie ʼn besluit geneem het nie, en die vakbond Cosatu het nou sy stem laat hoor deur te dreig.

Minister Fikile Mbalula is weer gewaarsku dat hy ʼn finale aankondiging moet maak dat die e-tol stelsel in Gauteng geskrap moet word teen die einde van September vanjaar.

Die vakbonde sê president Cyril Ramaphosa se administrasie het misluk om effektiewe oplossings te bied om die e-tol debat te beëindig.

Cosatu doen ʼn beroep op motoriste om voort te gaan deur die e-tol rekeninge nie te betaal nie sodat die stelsel nooit ʼn sukses bedryf kan word nie en noodgedwonge geskrap sal moet word.