E-tol beslissing 12 maande later

Sowat 12 maande gelede sou ʼn amptelike besluit geneem gewees het oor die toekoms van die e-tol in Gauteng, en daarna is die een na die ander leë belofte gemaak wat tot niks gekom het nie.

Nou, 12 maande later, het die Departement van Vervoer se minister saam met ander gesaghebbendes vergader om finaliteit te kry oor die omstrede aangeleentheid. Maar alles dui daarop dat Suid-Afrika nog steeds geen antwoord gaan kry nie.

Tydens ë inligting sessie aan die parlement het die Direkteur-generaal, Alec Moemi, gesê dat besprekings oor die kontroversiële stelsel van e-tol, gaan nog steeds voort en word daar nou gefokus “op die verskillende finansiële moontlike opsies”.

 Hy sê die bal is nou na die Tesourie se kant, en die het glo onderneem om dit weer terug te plaas na die direkteur-generaal.

Die woordspel is so deurmekaar dat die spreker daarvan waarskynlik self twyfel oor die betekenis daarvan, sê finansiële kenners.

Die Minister van Finansies hou glo die week ʼn vergadering om “te kyk na die saak” en daar is ooreengekom dat “verdere studie” gedoen moet word.

Die vergadering was dit eens dat ʼn werkbare oplossing gevind moet word vir die aangeleentheid.