Duitsland ondenkbaar sonder immigrante

Die Duitse president, Frank-Walter Steinmeier, het gesê die land is iets verskuldig aan die Turkse en ander immigrante gemeenskappe.

Steinmeier het ook opgemerk dat dit “ondenkbaar is dat Duitsland sonder immigrante moet wees” en bedank almal wat in vrede wil leef in Duitsland.

Hy het tydens die herdenking geleentheid van onderhandelings om immigrante te bekom toe Berlyn ʼn ooreenkoms onderteken het vir meer immigrante. Hy het ook gesê Duitsland is trots op die immigrante wat help bou aan die ekonomie en in vrede wil saamleef.

Duitsland het kort na die Tweede Wêreldoorlog dringend gesoek na immigrante om te help met die heropbou van ʼn land wat stukkend geskiet is, en toe is ʼn “immigrante ooreenkoms’ met Turkye onderteken. Dit het daartoe gelei dat 2.7 miljoen Turkse immigrante na Duitsland is, wat dit die grootste minderheidsgroep in die land maak.

Die president het gesê die wonder van Duitsland se herstel sou nie moontlik wees sonder immigrante uit Turkye, Italië, Spanje en Griekeland nie.