Duitsland: Hongarye grootste wapen aankoper

Die Minister van Ekonomiese Sake in Duitsland het besonderhede vrygestel wat toon dat sy uitvoer van wapentuig meer as $26 miljard is en dat Hongarye sy grootste ondersteuner was.

Die minister sê dat die VSA sy tweede grootste kliënt was en dat die Duitse Leopard 2A7V oorlogstenk groot belangstelling gewek het.

Hongarye het wapentuig gekoop ter waarde van sowat €2.66 en die VSA het €2.36 miljard se toerusting bestel.

Die tien lande wat die belangrikste kliënte is om wapentuig aan te koop, sluit nie lidlande van Navo en nie lidlande van die EU in. Algerië het €2 miljard se bestsellings geplaas, Egipte €1.8 miljard en Katar €750 miljoen.