Duitsland besoek Afghanistan buurlande

Maas in Turkye

Die Minister van Buitelandse Sake, Heiko Maas van Duitsland, moes hoor dat Turkye nie kans sien om nog vlugtelinge uit Afghanistan te ontvang nie.

Die minister het dringende besoeke gebring aan buurlande van Afghanistan wat onverwags honderde mense uit Afghanistan moes ontvang wat die land verlaat het uit vrees vir die Taliban se wrede optrede.

 Die Minister van Buitelandse Sake in Turkye, Mevlut Cavusoglu, sê sy land is die eerste plek waar die vlugtelinge uit Afghanistan stop.

Maas het vir dieselfde rede eerste by Turkye aangedoen, en omdat Turkye reeds in kontak met die Taliban was, kon eerstehandse inligting verkry word, en het onderneem om Turkye en ander buurlande behulpsaam te wees.

Maas het sy dank uitgespreek teenoor Turkye wat onderneem het om die lughawe van Kaboel te beheer  om ontruiming van vlugtelinge te v erseker.