Duitsland arresteer man wat Iran help

ʼn Man wat as boorling van Iran in Duitsland woon, is deur die veiligheidsmagte gearresteer weens beweerde voorsiening van laboratorium toerusting aan ʼn EU swartlys maatskappy.

Die swartlys gemerkte maatskappy het klaarblyklik bande met Tehran se kernwapen en missiel programme.

Westerse lande is nog steeds erg bekommerd oor die kernkrag program van Iran, en oor sy verhoogde produksie van verrykte uraan.

 Die man is gearresteer toe vasgestel is dat hy ʼn groot besending toerusting in sy besit het wat gebruik word in Iran se kernkrag en missiel program.

Voorheen is die man van Iranse afkoms se woonplek deur die polisie deursoek, maar kon niks belangriks daar vind nie. Later is vasgestel dat hy oor 11 verskillende plekke bly wat regoor Duitsland versprei is.

Die man, bekend as Alexander J ingevolge Duitsland se wette, het die toerusting op gereelde tye versend na Iran, en die waarde daarvan beloop sowat $1,3 miljoen.

Die Europese Unie sê die man het die maatskappy gebruik om die goedere na Iran te stuur, wat alles minder opvallend sou maak.