Duitse verkiesing lok belangstelling

Die gematigde linkse Sosialiste Demokrate Party van Olaf Scholz is blykbaar in groot dele van die land, op die voorpunt volgens menings van die afgelope week.

Met die verkiesing wat Duitsland op 26 September hou, kan die Sosialiste die oorhand kry, en dit is opvallend hoe die Christen Demokrate se veldtog verswyg word deur die media.

Scholz het homself reeds verklaar as Merkel se opvolger as Bondskanselier, en die indruk word geskep dat die Christen Demokrate Unie nie sterk genoeg na vore tree om ʼn verskil te maak nie.

Die meningspeilings het menige politieke ontleders verras in Duitsland, en met die steun van die Groen Party kan Duitsland ʼn meer linkse koers inslaan.