Duitse stad in donker gehul

Een van die grootste kragonderbrekings wat Duitsland in die afgelope 50 jaar ondervind het, het die stad Dresden tot stilstand geruk.

Die polisie ondersoek om vas te stel of die metaal ballon op die stelsel dalk die oorsaak is vir die kragonderbreking. Die vermoede bestaan dat dit kan beteken dat dit deel vorm van ʼn aanval as die ballon se funksies beskadig is.

Alhoewel die hele stad in donkerte was, het dit slegs sowat vyf minute geduur in sekere gebiede, maar dit het twee uur se werk gekos om die fout op te spoor en daarna reg te stel.

 Die Duitse polisie het egter met ʼn intensiewe ondersoek begin in samewerking met die deskundiges van die krag netwerk.

 Sowat 300,000 woonhuise was sonder krag, en talle sakeondernemings het gefrustreerd gewag dat alles terugkeer na normaal.

 ʼn Totaal van 500,000 mense was sonder krag, en later is vasgestel dat die alarmstelsels ook nie reg funksioneer nie. Dit laat die vermoede ontstaan dat daar sabotasie gepleeg is.