Duitse Sosialiste kry groter steun

Met net meer as 3 weke oor voordat die Duitsers na die stembus gaan, word die linkse Sosiaal Demokrate Party (SDP) se kanse om die oorhand te kry, klaarblyklik al sterker.

In die vorige twee meningspeilings het die ʼn geleidelike voorsprong opgebou teenoor die Christen Demokrate Unie (CDU) van kanselier Angela Merkel.

Die jongste meningspeiling het weer getoon dat die sosialiste besig om meer veld te wen, en die konserwatiewes kon tot nou niks doen om die situasie om te draai nie.

Die SDP het volgens die jongste peiling, sy sterkste steun vanjaar teenoor die afgelope twee dekades.

Die leier van die SDP, Olaf Scholz het sy tevredenheid uitgespreek met die vordering wat sy party maak, en sê die peilings toon geen afwykings nie, wat daarop dui dat hulle finaal die voortou geneem het.

In die jongste peiling het die SDP 24$ steun teenoor die konseratiewe CDU van kanselier Merkel se 21%.