Duisende leerders doen aanlyn aansoek

Duisende leerders se aansoeke is reeds ontvang in Sentraal Transvaal (Gauteng) vir toelating van Graad 1 en Graad 8 vir die jaar 2022.

Die Departement van Onderwys sê daar is reeds meer as 73,000 aansoeke van Grade 1 en 8 leerders ontvang wat aanlyn aansoek gedoen het.

Die woordvoerder sê dat daar binne 4 ure nadat die aansoek lyn oopgestel is, 73,305 aansoeke ingestroom het.

Van die totaal wat op daardie stadium ontvang is, was sowat 69,300 aansoeke vir Graad 1 toelating, en ouers wat nie oor die fasiliteite beskik om aanlyn aansoek te doen en te registreer nie, moet egter die aansoeke per hand inhandig.

Die dokumente moet ook op die stelsel gelaai word binne 7 dae nadat aansoeke gedoen is. Die dokumente kan ook by die skool ingegee word waarby aansoek gedoen is.

Die Departement se beamptes sal steeds beskikbaar wees vir hulpverlening gedurende die tydperk van aansoek doen, en sal ook op die sosiale media platforms wees of navrae kan gerig word by 0800-000-789.