Duikboot transaksie: Frankryk soek EU steun

Twee dae nadat Frankryk gevra het dat die Europese Unie se lidlande hom moet steun, het die hoof van die EU bevestig dat hy sy steun aan Frankryk toesê met betrekking tot die duikboot transaksie wat Australië gekanselleer het om die VSA se aanbod te aanvaar.

Die nuut gestigte alliansie tussen Amerika, Australië en Engeland het te midde van die Franse regering se ontevredenheid oor die transaksie, gevra dat die diplomatieke krisis nie die langtermyn verbintenis met Frankryk moet skaad nie.

Die Franse Minister van Buitelandse Sake, Jean-Yves Le Drian, het egter sonder huiwering die Australiese en Amerikaanse optrede veroordeel en hulle beskuldig van  verblindheid teen Parys.

Ingeligte bronne sê die onetiese wyse waarop Joe Biden die transaksie afgerokkel het, sal die oorsaak bly wat die verhouding met Frankryk nie maklik gaan herstel nie.

Die spanning wat Biden veroorsaak het, is so ernstig dat dit die begin van die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering oorskadu wat in New York begin het.

Intussen het die Ministers van Buitelandse Sake van die EU lidlande hulle eenparige steun aan Frankryk gegee in die vergadering wat in New York gehou is.

Joe Biden se afrokkeling van die duikboot transaksie met Australië ter waarde van sowat $40 miljard is sterk veroordeel tydens die vergadering wat agter geslote deure gehou is