Drie lande in verdediging bondgenootskap

Die Verenigde State van Amerika sal die week saam met die Verenigde Koninkryk kernkrag skeepvaart tegnologie met Australië deel as ʼn gedeelte van die nuwe drie-weë verdedigings alliansie.

Alhoewel die optrede van Australië en Amerika as verraad teen Frankryk bestempel is, sal die drie lande ʼn gesamentlike bondgenootskap vorm teen Sjinese aggressie.

Die drie lande se leier het aangekondig dat die nuwe alliansie daarop ingestel sal wees om gesamentlik op te tree op militêre gebied om die Stille Oseaan te beveilig, en sluit daarby in die beskikbaarheid van kernkrag duikboot en skeep tegnologie. Die lande sal ook hulle kuber tegnologie en veiligheid deel om op militêre terrein aangewend te word.

Die stappe volg nadat verswakkende verhoudings tussen Sjina en die lande die afgelope maande verder versleg het, en later is aangekondig dat kunsmatige intelligensie en onderwater stelsels ook gedeel sal word.