Dosyne kinders doodgeskiet in Nigerië

Die aanval op ʼn skool in die noordwestelike gebied van Nigerië het slegs enkele dae later plaasgevind nadat 90 skoolkinders deur ʼn terreurgroep vrygelaat is.

Die vermoede bestaan dat die terreurgroep betaling van die Nigeriese regering ontvang het vir die vrylating van die kinders, maar die nuwe aanval op die plattelandse dorpie was onverwags en het die hele gemeenskap in rou.

Die gewapende moordenaars het losgebrand op die skoolkinders en minstens 73 doodgeskiet terwyl ʼn onbekende getal ernstige skietwonde opgedoen het.

Die vermoede bestaan dat die terreurgroep die kinders vrygelaat het nadat hulle deur die regering betaal is, en toe teruggeslaan het deur skoolkinders om die lewe te bring.

Alhoewel die polisie sê hulle is op soek na die gewapende mans, word dit betwyfel of daar enige vordering sal wees aangesien die voorval naby die grens is, en die skieters oor die grens na Rwanda beweeg het.