Dood van honderde dolfyne veroordeel

In die omgewing van die Faroër Eilande, wat tussen Ysland en Noorweë geleë is, word jaarliks honderde dolfyne en walvisse gedood as deel van ʼn vier eeue lange tradisie.

Aktiviste het nou toegetree tot die uitwissing en sê die optrede is wreed en mag nie langer toegelaat word nie.

Die tradisionele gebruik van die eiland bewoners is die afgelope week skerp veroordeel nadat vasgestel is dat 1,400 van die seediere gedurende die afgelope agt maande doodgemaak is.

 Die tradisie wat reeds meer as 400 jaar in gebruik is, het nou die Noord Atlantiese eiland, wat aan Denemarke behoort, uiters ongewild gemaak nadat daar wyd in die media gerapporteer is oor die slagting.

 ʼn Omgewingsbewaring organisasie bekend as See Herder het op die sosiale Network ʼn lang uiteensetting gegee oor die dood van 1,428 wit dolfyne wat die grootste getal is wat nog deur die eilandbewoners gedood is.

Jaarliks word sowat 1,000 van die dolfyne doodgemaak, maar verlede jaar is slegs 35 gedood weens die koronavirus pandemie.