Dokters waarsku teen verkiesing

Geneeshere en ander mediese geleerdes verbonde aan die Universiteit van Stellenbosch het ʼn ernstige waarskuwing gerig dat die plaaslike regerings verkiesings oor die potensiaal beskik om die koronavirus pandemie te bevorder.

Die verkiesing wat klaarblyklik op 1 November gehou word, kan veroorsaak dat Suid-Afrika ʼn Covid-19 super verspreiding kan kry wat as die vierde pandemie, ook die ergste tot hede kan wees.

Alhoewel die dokters reken die oplossing is daarin dat mense wat aan die verkiesing deelneem, hulle vroegtydig moet laat inent, maar daar bestaan ook die moontlikheid volgens ander persone, dat die lang rye mense by stemlokale onder toesig versprei moet word om die sosiale afstand te handhaaf.

Hulle wys daarop dat mense wat ʼn week voor die verkiesing ingeënt word, nie kan verwag om geïmmuniseer te wees op stemdag nie.