Diefstal kry nie einde nie

Een van die belangrikste uitdagings wat die regering moet trotseer en oplos, is die miljoene Rand se bedrog en korrupsie by bestuurslisensie toets sentrums.

Die grootskaalse diefstal en korrupsie wat daar plaasvind by die sentrums, is nie net beperk tot enkele sentrums nie, maar word wyd oor die hele land toegepas.

Volgens verslae van die Vervoer Departement se Adjunkminister Sindisiwe Chikunga, het die portefeulje komitee oor Vervoersake ingelig oor planne wat gemaak is om die euwel te verminder en met ʼn aanlyn stelsel gaan begin om lisensie besprekings te doen.

Volgens die Adjunkminister is miljarde Rand weens korrupsie en diefstal verlore en in Oos-Transvaal alleen is sowat R2 miljard verlore vir die staat weens korrupsie.

Hy sê as dit nie was dat daar so baie korrupsie was nie, sou die grootste deel van die uitdagings wat bestaan, nie daar gewees het nie.