Die toetse gee SA moed

In die VSA word ʼn middel nou reeds etlike maande lank getoets, en het ook in Europa aangekom vir toetse wat in tablet vorm is vir behandeling wanneer Covid-19 simptome ontdek word.

Die middel word tans ook in Suid-Afrika getoets nadat goedkeuring deur die SA Gesondheid Produkte Reguleerders toegestaan is.

Die middel wat deur die mond ingeneem word op ʼn daaglikse basis sodra die eerste simptome by die pasiënt waargeneem word, kan lei tot ʼn algehele nuwe benadering in die stryd teen die koronavirus en al sy variante.

Die middel kan ook volgens die deskundiges, in hospitale gebruik word, maar dit word verkies dat dit juis betyds ingeneem moet word sodat hospitalisasie nie nodig is nie.

Die toetse word in die VSA gedoen en salwaarskynlik ook verder uitkring, sê ʼn woordvoerder van die Nasdag-gelyste RedHill Biopharma, ʼn spesiale maatskappy wat aan die spits staan met die toetse.

Die dosis van een tablet per dag sodra die eerste simptome waargeneem word van Covid -19 infeksie, kan moontlik die finale keerpunt bring om inenting te vermy.