Die R500 miljoen wat verdwyn het

Die maatskappy “Red Roses Africa (Pty) Ltd” wat voorsiener was van persoonlike beskerming toerusting teen die formidabele bedrag van R515 miljoen, is nog nie vasgetrek en nog nie behoorlik ondersoek nie.

ʼn Klein, onbekende maatskappy, wat funksioneer onder twee verskillende name, en ʼn adres in Baberton, beskik nie oor ʼn geskiedenis dat hulle sulke voorsieners van toerusting is nie.

Die kontrak is toegeken, die miljoene Rand is deur die regering betaal, die goedere is gelewer maar die pryse is onbetaalbaar hoog….

Die transaksie lei daartoe dat die regering R515 miljoen uitbetaal  terwyl die kontrak nooit bevraagteken is nie, en die maskers, hand sanitasie produkte, ontsmettingsmiddels word voorsien.

Die eienaardige is dat die kriminele daad tans redelik stil geword het, en begin helder denkende vra wat het van die ondersoek geword, en wie almal behoort gearresteer te word, en die geld terug gevorder kry….

Onbevestigde berigte dui daarop dat die maatskappy verdwyn het, en saam daarmee die R515 miljoen. Vrae word gevra oor wat is die moontlikheid van ʼn komplot wat liefs nie bekend moet raak nie.