Die chaos is oral in SA

SA Parlement

Die chaotiese toestande wat Suid-Afrika so onstabiel maak, is oral waarneembaar, sê ʼn politieke ontleder wat gereageer het op die gebeure rondom die Staat Veiligheid Agentskap.

Die Parlementêre Gesamentlike Staande Komitee oor Intelligensie het ook in die tyd sy jaarverslag gepubliseer met ondermeer besonderhede van ʼn lang lys van nie-funksionele aspekte, en skandale in die Staat Veiligheid Agentskap.

Onder die belangrikste sake was die fop veiligheids aangeleentheid en nie goedgekeurde operasies wat ook onwettigheid insluit. Die ongerymdhede wat in die Suid-Afrikaanse Intelligensie strukture is, wek ernstige kommer.

Feitlik niks is gedoen om regstellings te maak met die menige probleme en foute wat uitgelig is by die Agentskap nie, en is geen veranderings gedoen terwyl aanbevelings gemaak is oor wat gedoen moet word om probleme en foute reg te stel nie.

Die aanbevelings wat gemaak is om veranderings teweeg te bring, is twee jaar gelede gedoen, en ook daarvan is niks toegepas nie.

Daar is ook ernstige kommer uitgespreek oor die Agentskap se geneigdheid om buite sy mandaat op te tree sonder enige poging om goedkeuring te kry daarvoor.

Deskundiges wys daarop dat alhoewel daar in die verslae gewys word op alles wat verkeerd is, bestaan die kommer steeds oor wat gedoen gaan word om die chaos reg te stel.