Die Beloftes

Die plaaslike munisipale verkiesings is in vooruitsig, met ʼn horde politieke partye wat elkeen aanspraak maak op sy beleid wat ʼn wen situasie sou bied aan almal in die land.

Die klanke wissel van die Rooies wat eis dat die Kruger stadbeeld vervang moet word met die terroris Winnie Mandela wat net alles wou brand met haar vuurhoutjies.

Die amptelike opposisie wil nuwe dimensie gee aan alles sodat die munisipaliteite onder hulle beheer, die beste presteer in die land.

Die ANC spartel terwyl hy die kritiek van tientalle opponente probeer verdedig, waarvan niks geloofwaardig is nie, en so word die een party na die ander weer die enigste instansie wat omgee vir die mense wat tans in ellende verval is.

Tereg het ʼn swart persoon opgemerk dat hy die politici net sien wanneer stemdag nader kom, en dan word die mooi beloftes van 25 jaar gelede, weer opgedis met iets ekstra om dit na geloofwaardigheid te laat klink.

Die waarheid is egter dat die ANC weer die meerderheid munisipaliteite sal beheer, en dat die swak diens wat verkry word, sal voortgaan en selfs verder versleg. Die korrupsie en diefstal sal ongehinderd aangaan en die frustrasie van miljoene mense in die land sal onveranderd wees.

Miskien word mense weer mislei met beloftes van stowe, yskaste, elektrisiteit, skoon water, huise en werksgeleenthede… alles dinge wat nie gaan gebeur nie….

Of jy gaan stem, en of jy nie gaan stem nie, alles sal soos voorheen, verder agteruitgaan tot Suid-Afrika in sy volle glorie, net nog ʼn Afrika staat is met niks wat reg is nie……