Derduisende mense vermis in Meksiko

Die datum 30 Augustus is glo die dag wat beskou word as Internasionale Verlorenes Dag. In Meksiko is dit ʼn besonder belangrike dag, aangesien duisende mense elke jaar net vermis word om nie weer gesien te word nie.

Familie en menseregte aktiviste beskuldig die owerheid daarvan dat mense nie behoorlike beskerming in die land geniet nie.

Jaarliks word protes optogte gehou van duisende mense wie familie en vriende op die vreemde wyse verloor het, en miskien is die rotsagtige, onherbergsame bergreeks nie verniet die skuilplek van dwelm base en die kartel nie. Baie mense word daar vermoor en geen haan kraai daaroor nie.

Die gebied, ten noorde van die industriële stad Monterney word algemeen vermy deur die mense van die omgewing en die stad, en selfs die polisie en veiligheidsmagte vermy die bergagtige gebied.

Meer as 4,000 massagrafte is daar gevind deur navorsing spanne wat per helikopter die gebied verken, en die beste wat gedoen kon word was ʼn waaghalsige span wat byna 7,000 liggame kon opgrawe en na die “beskawing” terugneem vir herbegrawe.

Bewerings word gemaak dat daar in die afgelope twee dekades meer as 90,000 mense in Meksiko vermis geraak het om nooit weer gevind te word nie.