Derde pandemie eindig, vierde…?

Suid-Afrika se derde pandemie van die koronavirus is aan die verdwyn en mag dalk binne die volgende tien dae deur die regering as verby te verklaar.

Alhoewel die aangemelde nuwe infeksie gevalle drasties afgeneem het, bestaan daar ernstige kommer oor die hoë aantal sterftes wat feitlik daagliks aangemeld word.

Ingeligte bronne en deskundiges reken dat Sentraal Transvaal (Gauteng) en Noord-Transvaal (Limpopo) is reeds uit die pandemie, met Wes-Transvaal asook Oos-Transvaal wat kort op die hakke is, kan die gebiede beskou word as deur die pandemie.

Met vergelykings van week op week, blyk dit dat die pandemie met meer as 35% in sterftes gedaal het, alhoewel dit in verhouding met die nuwe infeksies, steeds hoog is. Die besetting van hospitaal beddens het landswyd met meer as 25% afgeneem, wat ruimte bied dat ander pasiënte nou beter aandag kan kry.

Dokters en wetenskaplikes wys daarop dat mense nie nou onverskillig moet raak nie, want dit kan ʼn vierde pandemie soveel gevaarliker en gouer laat ontstaan.