Dalk lieg die minister

Die Minister van Sosiale Ontwikkeling, Lindiwe Zulu, het na die vernederende reaksie op haar sogenaamde “groen papier” gesê die aangeleentheid word verkeerd verstaan.

Die groen papier wat sy uitgereik het oor die sosiale veiligheid en pensioen hervorming was glo  verkeerd verstaan verkeerd geïnterpreteer, het sy later gesê. Sy sal later die aangeleentheid duideliker stel en die misverstande opklaar, en dan weer ʼn “groen papier” vrystel.

 Hierdie verduidelikings van die minister word in sommige kringe afgemaak as leuens omdat die dokument baie duidelik omskryf het van wat sy bedoel het daarmee.

Waarnemers sê dit is reeds ʼn kenmerk van ANC ministers om nuwe rigtings uitermatig omstrede te stel, wat dien as ʼn “vlieër” wat die klimaat onder die mense toets. As daar nie veel reaksie is nie, word die voorstelle toegepas, anders reageer hulle soos wat Lindiwe Zulu nou gedoen het.

Sy het sowat 500 ondersteunende bydraes gekry op haar groen papier, maar meer as 16,000 het heftig teen haar omstrede gedagtes gereageer.