Chili: Spanning oor grens dispuut

Chili vlag

Die president van Chili, Sebastian Piñera, het in ʼn verklaring gesê sy land probeer sy regte te beskerm en verklaar sy kontinentale gebied uitdruklik.

Die opmerkings het hy gemaak ten opsigte van die dispuut oor die grens tussen Chili en Argentinië wat tans tot ernstige spanning aanleiding gee.

Hy sê die regering is in proses van kontinuïteit in buitelandse beleid en wil teen November ʼn kommissie afvaardig na die Verenigde Nasies oor die Antarktika eiland waaroor die geskil handel.

Die volledige verklaring van Chili se president kom nadat Argentinië beweer het dat Chili van voorneme is om ʼn “deel van die Argentinië  kontinent wat ʼn verlengstuk is van die seegebied, p te eis”.

Chili beweer dit is egter maritieme gebied wat deel vorm van die Gesamentlike terrein van Humanitêre gebied soos deur die Verenigde Nasies se Konvensie en Wet bepaal word.

 Die twee lande se staatshoofde het tevore die aangeleentheid bespreek maar kon nie ʼn ooreenkoms bereik nie, en waarnemers reken dit is ʼn uiters plofbare situasie wat tot ernstige konflik kan lei.