Checkers bou massiewe diens

Die Checkers groep rig ʼn massiewe groot kruideniers aflewering dienspunt op wat bekend staan as die Checkers Sixty60.

Die winkel se diens het klaarblyklik sy ontstaan te danke aan die koronavirus pandemie wat mense verhinder het om winkels te besoek uit vrees dat hulle infeksie kon opdoen.

Die nuwe konsep beteken dat aanlyn bestellings binne 60 minute afgelewer kan word,, wat inkopies in ʼn nuwe fase van moderne tegnologie in Suid-Afrika maak.

Voorsiening van kruideniersware, en noodsaaklikhede soos kosmetiese en mediese produkte sal deel van die sneldiens wees.

Checkers, met sy ander bedryf, Shoprite, is tans die grootste kleinhandel network in die land, en 233 nuwe winkels is geopen waarvan 142 in die afgelope jaar opgerig is.

Met 142,600 mense in diens, waarvan net minder as 4,000 nuwe aanstellings die afgelope jaar gemaak is, is dit die grootste privaat werkv erskaffer in die land.