Cele: Mans moet vroue beskerm

Die omstrede minister van Polisie, Bheki Cele, het die naweek gesê dat indien geslag-gebaseerde geweld gesien word as ʼn tweede pandemie, behoort dit as sulks behandel te woord.

Hy het bygevoeg dat mans moet altyd die rol vervul in die bestryding van die toestand in die land.

Die minister het sy rede voorgedra aan die gemeenskap van Nyanga gedurende die “imbizo” wat gefokus is op kriminele aangeleenthede in die gebied.

Hy reken die voortslepende weiering om hulp aan slagoffers te gee kan die lewe van ander beteken en verder ʼn beroep doen op mans om te stop om vroue te teister oor die soort klere wat vroue dra.

Die minister het bygevoeg dat dit “nie jou besigheid is van hoe kort haar rok of romp is nie, want vroue het die reg om aan te trek soos dit hulle pas.

Waarnemers het later opgemerk dat hulle nie oortuig is dat sulke toesprake van groot waarde is vir die mans van Nyanga nie.